Huisgenoot-nuusvasvra: 13-19 Julie 2019

Die rugbyheld James Small is die afgelope week begrawe. Wat is die naam van die Clint Eastwood-fliek oor die legendariese 1995-Rugbywêreldbeker-toernooi waarin Small gespeel het?
Invictus
The 16th Man
Forever Strong
Ons het ook van die wêreldbekende SA sanger Johnny Clegg afskeid geneem. Een van sy internasionale treffers was Asimbonanga, wat beteken “Ons het hom nie gesien nie”. Wie is nie gesien nie?
Nelson Mandela
God
Mamlambo (riviergodin)
Vinette Ebrahim verlaat 7de Laan, waar sy 19 jaar lank die rol van Charmaine vertolk het. Wat is die naam van Vinette se aktrise-dogter?
Kim Cloete
Kim Cattrall
Kim Engelbrecht
Wat het oudpres. Jacob Zuma NIE die afgelope week voor die Zondo-kommissie beweer NIE?
Pres. Wladimir Poetin wil Zuma laat vermoor omdat hy die kernoorkeenkoms met Rusland laat vaar het.
Zuma was amper die slagoffer van verskeie moordpogings.
Sommige senior ANC-lede was apartheidspioene.
Na wie het ondersteuners van Amerika se pres. Donald Trump verwys toe hulle onlangs by ’n politieke vergadering “Send her back” gedreunsing het?
Ilhan Omar, ’n Amerikaanse kongreslid met ’n Moslem- en Somaliese agtergrond
Melania Trump, Eerste Vrou, wat van Slowenië af kom
Kim Kardashian, wat ’n Armeense agtergrond het
Ons vier hierdie week die 50ste herdenking van die eerste mens op die maan. Hoeveel dae het dit vir Neil Armstrong en sy span gekos om van die Aarde tot by die maan te reis?
2 dae
3 dae
4 dae
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het Vrydag ’n ondersoek bekendgemaak waarvolgens pres. Cyril Ramaphosa glo onwettig opgetree het wat betref . . . .
. . . die skenkings wat hy ontvang het in sy veldtog om ANC-president te word.
. . . die kommissies van ondersoek teen korrupsie wat onder sy presidentskap begin het.
. . . sy onwilligheid om van min. Pravin Gordhan ontslae te raak.
Watter gewilde slimfoon-app word ondersoek omdat daar gevrees word dit deel miljoene mense se privaat inligting met die Russiese regering?
FaceApp
Snapchat
Instagram
Die “lewendige” weergawe van The Lion King is hier! Watter ikoniese SA akteur speel ’n stemrol daarin?
John Kani
Trevor Noah
Charlize Theron
As die antwoord Daryl Impey is, wat is die vraag?
Wat is die naam van die SA fietsryer wat verlede naweek die negende skof van die Tour de France gewen het?
Wat is die naam van die knaap wat die TV-program Maak My Famous gewen het?
Wat is die naam van die akteur wat die rol van Simba in The Lion King vertolk?
Aan watter Amerikaanse reus behoort geliefde Suid-Afrikaanse handelsname soos ProNutro eersdaags?
PepsiCo
Coca-Cola
Nestlé
Novak Djokovic het verlede naweek Wimbledon-kampioen geword deur vir Roger Federer te klop. Wat het die eindstryd tussen dié twee legendes uniek gemaak?
Dit was die eerste keer dat ’n valbylpot die uitslag van 'n Wimbledon-eindstryd bepaal het.
Djokovic het die vierde keer in ’n ry gewen.
Dit was die kortste Wimbledon-eindstryd in die geskiedenis.
Watter motor sal die meeste Suid-Afrikaners kies as hulle enige motor op die mark kon bekostig?
BMW
Mercedes-Benz
Porsche
0
{"name":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?", "url":"https://www.quiz-maker.com/QQF1AJI","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker