Huisgenoot-nuusvasvra: 29 Junie-5 Julie 2019

Die akteur, regisseur en radioman Paul Eilers is oorlede. In watter fliek was sy laaste akteursrol?
Dominee Tienie
Vaselinetjie
Kanarie
Op 7 Februarie 2020 speel twee tennisgrotes, Rafael Nadal en . . . in Kaapstad teen mekaar ten bate van liefdadigheid.
Roger Federer
Kevin Anderson
Novak Djokovic
Die joernalis Marianne Thamm het gesnuffel deur vullissakke agtergelaat deur EFF-lede wat tydens die Staatsrede in ’n villa in Kampsbaai gebly het. Wat het sy NIE daarin gevind NIE?
Leë Franse sjampanjebottels
Besigheidsklasvliegkaartjies
’n Gucci-hemp met ’n rooiwynvlek
As die antwoord “David Koloane” is, wat is die vraag?
Watter vooraanstaande Suid-Afrikaanse kunstenaar is vandeesweek oorlede?
Watter bekende akteur het vandeesweek ’n eredoktorsgraad van die Vrystaatse Universiteit ontvang?
Wie het vandeesweek voor die Zondo-kommissie oor die landing van die Guptas op die Waterkloof-lugmagbasis getuig?
Hoekom heers daar kommer oor die gesondheid van die Duitse leier Angela Merkel?
Sy begin skielik onbeheers bewe.
Sy was twee weke lank onder groot geheimhouding in die hospitaal vir behandeling.
Sy het skielik van pres. Donald Trump begin hou.
Wat gaan Japan vir die eerste keer in 30 jaar weer kommersieel begin jag?
Walvisse
Ysbere
Tiere
Hoeveel maatskappye in Suid-Afrika word deur swart mense besit?
25 persent
35 persent
45 persent
Michelle Botes is terug op ons TV-skerm! In watter sepie is sy tydelik te sien?
Binnelanders
7de Laan
IsiBaya
Pres. Donald Trump van Amerika het verlede Sondag die eerste Amerikaanse president geword om sy voet in watter land te sit?
Noord-Korea
Suid-Soedan
Mianmar
Watter munisipaliteit in Suid-Afrika mors die meeste geld?
Matjhabeng (Welkom en omgewing)
Naledi (Vryburg en omgewing)
Emalahleni (Witbank en omgewing)
Annelisa Wynand verlaat 7de Laan, maar dis nie die laaste sien nie. Wat is die naam van die komediereeks waarin sy saam met Brümilda van Rensburg sal verskyn?
Lui Maar Op, Belinda
Ons is in die Sop, Belinda
Drink ’n Dop, Belinda
Harry en Meghan het ’n bad van R90 000 in hul nuwe huis, Frogmore Cottage, laat installeer. Waarvan is die bad gemaak?
Koper
Marmer
Bergkristal
Sho Madjozi is ’n SA musiekster van wie ons ál meer hoor. Sy het die afgelope week triomfantelik teruggekeer nadat sy in Amerika ’n gesogte BET-prys gewen het vir . . .
Beste nuwe internasionale vertoning
Beste vroulike hip hop-kunstenaar
Coca-Cola se kykerskeuse-toekenning
Wie is Lloyd Harris?
Die Suid-Afrikaanse groentjie wat op Wimbledon vir Roger Federer 'n bietjie laat sweet het
Die regsverteenwoordiger wat Amor Vittone help om haar eis oor Joost van der Westhuizen se boedel in die Appèlhof voort te sit
Archie Sussex se geheime peetpa
0
{"name":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?", "url":"https://www.quiz-maker.com/QYVWGTZ","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker