Huisgenoot-nuusvasvra: 4-10 September 2018

In watter organisasie se kantoor het die brand in Johannesburg begin waarin drie brandbestryders dood is?
Gautengse gesondheidsdepartement
Gautengse onderwysdepartement
Bank of Lisbon

Watter Afrika-land het die afgelope week ’n resessie binnegegaan?

Suid-Afrika
Mosambiek
Ghana
Wat het eerste gebeur in die omstrede reeks gedragskode-oortredings waarvoor Serena Williams by die Amerikaanse Ope beboet is?
Haar afrigter het vir haar handseine van sy sitplek af gegee.
Sy het haar raket stukkend geslaan.
Sy het die skeidsregter ’n leuenaar genoem.
’n Naamlose koerantartikel met die volgende titel het wyd opspraak gewek: “Ek is deel van die weerstand binne-in . . . ”
. . . die Trump-administrasie
. . . die ANC
. . . die Springbok-keurkomitee

SA telers is in opstand omdat die regering . . . as ’n uitheemse spesie wil klassifiseer.

Forelle
Afgaanse honde
Persiese katte
Talle Amerikaners het sportskoene van . . . verbrand uit protes teen die maatskappy se advertensieveldtog, wat ’n skuins klap na Donald Trump mik.
Nike
Adidas
Reebok
Vir wie het Markus Jooste die afgelope week in die Parlement die skuld vir die Steinhoff-debakel gegee? (meer as een antwoord moontlik)
Homself (oud- uitvoerende hoof )
Christo Wiese (oud-voorsitter)
Andreas Seifert (voormalige sakevennoot)
Deloitte (ouditeur)
Apartheid

Wat is die naam van die fliek wat tans draai oor ’n ma wat haar dwelmverslaafde seun doodgemaak het? (Jill Levenberg vertolk die titelrol.)

Die Ellen Pakkies Storie
Die Helen Pakkies Storie
Die Ellen Plakkies Storie

In watter fliek het die legendariese akteur Burt Reynolds, wat verlede week oorlede is, onder meer gespeel?

Smokey and the Bandit
Butch Cassidy and the Sundance Kid
The Sting

Watter sangeres het pas die lewe geskenk aan ’n seun met die naam Glynn André Moolman?

Andriëtte Norman
Riana Nel
Liza Brönner

Watter 95-jarige skrywer het ’n ATKV-Veertjie gewen vir sy/haar nuutste boek, Spertyd?

Elsa Joubert
Wilbur Smith
Breyten Breytenbach
Vrae word gevra oor ’n lening van R33 miljard wat . . . aan Eskom beloof het.
China
Rusland
Amerika
Watter Britse koninklike is die invloedrykste stylikoon, aldus ’n nuwe opname?
Kate Middleton
Megan Markle
Prinses Charlotte
0
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 4-10 September 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QU2CHG6","txt":"By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?, In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?, Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/30-1055249/bederf-ad.jpg?sz=1200-00000000001000007500"}
Powered by: Quiz Maker