Sign inSign in with Facebook
Sign inSign in with Google

Huisgenoot-nuusvasvra: week van 10-16 Julie 2018

Frankryk het die Sokkerwêreldbeker gewen. Wie het teen hulle verloor?
Kroasië
Engeland
België
Die SA gebore genie Elon Musk was ontstoke nadat die . . . wat hy gestuur het om 12 vasgekeerde kinders uit ’n Thailandse grot te help red, nie gebruik is nie.
Mini-duikboot
Selfswemmende duikpak
Tesla-energiestafies
Hoekom het sosiale media gegons oor pres. Donald Trump en koningin Elizabeth se inspeksie van die erewag by die Windsor-kasteel?
Trump het vir ’n rukkie voor koningin Elizabeth geloop, wat teen koninklike protokol is.
Trump het agterna getwiet: “And this is what the Brits call soldiers? SAD!”
Trump het agterna by ’n nuuskonferensie gesê: “The queen is a queen and I am from Queens. But let me tell you, I have so much more brains than that lady!”
Die grootste en kragtigste teleskoop in die wêreld is in die Noord-Kaap ingewy. Wat is sy naam?
MeerKAT
RamKAT
RooiKAT
Duduzane Zuma het twee keer in die hof verskyn, een keer op aanklag van korrupsie en een keer op aanklag van . . .
Strafbare manslag
Geldwassery
Minagting van die hof

Watter bekende akteur was in ’n ongeluk in Italië betrokke terwyl hy op ’n bromponie onderweg was?

George Clooney
Bouwer Bosch
Tom Cruise
Watter TWEE Suid-Afrikaanse woonbuurte is onlangs deur die Amerikaanse saketydskrif onder hul 12 koelste buurte in die wêreld gelys?
Kalkbaai, Kaapstad
Maboneng, Johannesburg
Station Drive, Durban
Menlyn Maine, Pretoria
Wat doen Suid-Afrika se Wimbledon-held Kevin Anderson met sy trouring terwyl hy tennis speel?
Dis aan sy skoenveters vasgebind.
Dis aan die trekkoord van sy tennisbroek vasgebind.
Dis in die koffiehouer in sy motor.
Watter bekende Amerikaanse sangeres tree vandeesweek in Suid-Afrika op?
Katy Perry
Taylor Swift
Lady Gaga
Die Britse minister van buitelandse sake, Boris . . . , het bedank te midde van Brexit-omstredenheid.
Johnson
Karloff
Jeltsin
’n Klassieke vliegtuig bestem vir Nederland het in die noorde van Pretoria neergestort en ’n . . . . getref.
melkery
skool
woonhuis
Wat is Nowitsjok?
Die Russiese gifstof wat pas weer twee Britte in die suide van Engeland vergiftig het.
Die handelsnaam van die wodka wat pres. Wladimir Poetin vir pres. Donald Trump present gegee het tydens hul samesprekinge in Finland.
Die stad in Rusland waar die Sokkerwêreldbeker-eindstryd plaasgevind het.
Hoekom het Amor Vittone Donderdag in trane uitgebars?
Haar hofaansoek het geslaag om haar twee eks-swaers te onthef as trustees van haar oorlede man, Joost van der Westhuizen, se J9-trust
Sy het die hofsaak verloor waarin sy haar man, Joost van der Westhuizen, se testament betwis.
Sy was verlig dat haar dogtertjie, Kylie, nie aan ’n ernstige siekte ly nie.
Watter deftige motor het die sanger Bobby van Jaarsveld pas aangeskaf?
Jaguar
Range Rover
Volvo
0
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 10-16 Julie 2018 - Doen die vasvra", "url":"https://www.quiz-maker.com/QTBGESJ","txt":"By watter bekende skool het die ouers om die skool gestap (soos die Israeliete om Jerigo) en gebid dat die skool van politiek gereinig word?, In watter stad het die G7-beraad die afgelope naweek plaasgevind?, Die afkorting NoKo is deesdae oral te sien. Waarvoor staan dit?","img":"https://cdn.poll-maker.com/30-1055249/bederf-ad.jpg?sz=1200-00000000001000007500"}