Sign inSign in with Facebook
Sign inSign in with Google

Huisgenoot: Nuusvasvra 15-21 Mei 2018

Watter bekende was NIE Saterdag by die koninklike troue nie?
Adele
George en Amal Clooney
Oprah
Wat is Meghan Markle se nuwe naam?
Meghan, hertogin van Sussex
Meghan, hertogin van Surrey
Meghan, hertogin van Windsor
Tussen watter twee woorde moes mense onderskei in ’n klankgreep wat die internet omtrent gebreek het?
Laurel en Yanny
Laurel en Hardy
Yummy en Yanny
Wie het in ’n SMS sy/haar benarde situasie as ’n ‘tydelike probleem’ beskryf?
Markus Jooste
Henri van Breda
Patricia de Lille
Kallie Kriel van AfriForum het in die sop beland omdat hy meen dat apartheid . . . .
Nie ’n misdaad teen die mensdom was nie
Eintlik net ’n samesweringsteorie is
’n Beleid was waarvan wit mense eerder as swart mense die slagoffers was
Wat is ’n dag zero-besering?
Wanneer Kapenaars ontwater omdat hulle nie genoeg vloeistof inneem nie
Wanneer Kapenaars hulleself beseer terwyl hulle swaar houers grys water rondsleep
Wanneer Kapenaars se senuwees ineenstort weens die hemelhoë nuwe watertariewe
Volgens Ratings Afrika vaar Kaapstad, Mosselbaai en Swartland die beste op die gebied van onderskeidelik groot en kleiner munisipaliteite. Wie vaar die swakste?
Mangaung en Brits
Johannesburg en Phalaborwa
Nelson Mandelabaai en Thabazimbi
Wat wil die Loftus-liefling Derick Hougaard sy beplande skopskool in Pretoria noem?
DH Lieflingskool
DH Skopskoene
Skop, Skrum en Dooddruk
Waar in Kaapstad se Pollsmoor-tronk word Henri van Breda voorlopig aangehou ná sy driedubbele skuldigbevinding aan moord?
Die hospitaalafdeling
’n Enkelsel
’n Gemeenskaplike sel
Die Spaanse sokkerklub FC Barcelona het ’n vriendskaplike wedstryd teen Mamelodi Sundowns kom speel. Watter wêreldberoemde speler het saamgespeel?
Lionel Messi
Cristiano Ronaldo
Neymar
Hoekom het die SuperSport-aanbieder Ashwin Willemse midde-in ’n uitsending sy oorfone afgehaal en uitgestap?
Hy het gemeen sy mede-aanbieders tree neerbuigend teenoor hom op.
Hy moes dringend ’n draai gaan loop.
Sy spreekbeurt op die program is kortgeknip.
Watter diere se slaapplekke is volgens nuwe navorsing baie skoner as mense s’n?
Sjimpansees
Arende
Leeus
Pres. Cyril Ramaphosa het sy Thuma Mina-veldtog van stapel gestuur. Wat beteken Thuma Mina?
Stuur My
Steun My
Stem vir My
Watter omstrede gids is aan Argentynse sokkerspelers uitgereik hier in die laaste pylvak voor die Wêreldbeker in Rusland?
Hoe om hul kans met Russiese vroue te verbeter
Hoe om inkopies op die Russiese swartmark te doen
Hoe om in Russies te vloek
0
{"name":"Huisgenoot: Nuusvasvra 15-21 Mei 2018 - Doen die vasvra", "url":"https://www.quiz-maker.com/QGAY3ZR","txt":"Watter bekende was NIE Saterdag by die koninklike troue nie?, Wat is Meghan Markle se nuwe naam?, Tussen watter twee woorde moes mense onderskei in ’n klankgreep wat die internet omtrent gebreek het?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}