Hoe goed ken jy Selena Gomez?

Sy het in 2007 roem verwerf as die jong heks Alex Russo in Disney Channel se TV-reeks Wizards of Waverly Place, maar in watter kinderprogram het sy jare vroeër op sewe haar televisiedebuut gemaak?
Barney & Friends
Hotel Transylvania
Hannah Montana
Selena was lank die glanspersoon met die meeste Instagramvolgelinge. Deesdae is sy vierde op die lys, met 148 miljoen aanhangers. Wie het haar as Instagramkoningin onttroon?
Cristiano Ronaldo
Ariana Grande
Kim Kardashian
Watter ander bekende sangeres is al jare lank haar bestie?
Taylor Swift
Halsey
Billie Eilish
Selena se bekendste verhouding was destyds met die sanger Justin Bieber. Met watter ander sanger het sy ook ’n verhouding gehad?
Nick Jonas
Khalid
Shawn Mendes
Selena is gaande oor die kos van een kitskosrestaurant. Sy het dit selfs voor haar optrede by die 2015 Victoria’s Secret-modevertoning geëet en bestel terwyl sy en die Late Late Show-aanbieder James Corden sy bekende Carpool Karaoke-insetsel opgeneem het. Watter restaurant is dit?
McDonald’s
KFC
Burger King
Sy praat deesdae openlik oor haar stryd teen depressie en angstigheid en het onlangs ’n liedjie, Anxiety, daaroor uitgereik saam met die Issues-sangeres Julia Michaels. In 2017 het sy ’n nieroorplanting gekry weens watter outo-immuunsiekte?
Lupus
Sjögren se sindroom
Veelvuldige sklerose
Selena, wat in Junie weer ’n draai op die silwerdoek maak in die zombie-gruwelprent The Dead Don’t Die, is sedert 2017 uitvoerende vervaardiger van watter bekende tienerdramareeks?
13 Reasons Why
Riverdale
Chilling Adventures of Sabrina
In 2011 het sy in die pekel beland by die diereregtegroep Peta nadat perde pienk gespuitverf is vir een van haar musiekvideo’s. Sy het later die tonele met die pienk perde verwyder. Vir watter musiekvideo was dit?
Love You Like a Love Song
Come & Get It
Kill Em with Kindness
0
{"name":"Hoe goed ken jy Selena Gomez?", "url":"https://www.quiz-maker.com/Q7P1F2M","txt":"Sy het in 2007 roem verwerf as die jong heks Alex Russo in Disney Channel se TV-reeks Wizards of Waverly Place, maar in watter kinderprogram het sy jare vroeër op sewe haar televisiedebuut gemaak?, Selena was lank die glanspersoon met die meeste Instagramvolgelinge. Deesdae is sy vierde op die lys, met 148 miljoen aanhangers. Wie het haar as Instagramkoningin onttroon?, Watter ander bekende sangeres is al jare lank haar bestie?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker