Huisgenoot-nuusvasvra: 18-24 Mei 2019

Cyril Ramaphosa is die afgelope week as president ingesweer en LP’s beëdig vir Suid-Afrika se . . . parlement.
Vyfde
Sesde
Sewende
Watter ANC-hoë is NIE 'n parlementslid NIE?
Mosebenzi Zwane
Nomvula Mokonyane
Malusi Gigaba
In watter land word die Krieket-wêreldbekertoernooi van aanstaande week af gehou?
Brittanje
Australië
Indië
Watter internasionale glanssjef het die afgelope week beskerming teen bankrotskap vir meer as 20 van sy restaurante verkry?
Jamie Oliver
Gordon Ramsey
Wolfgang Puck
Die aktrise Erica Wessels het aangekondig dat sy vir die eerste keer swanger is. Hoe oud is sy?
30
35
40
Suid-Afrikaners wat . . . -selfone het, is bekommerd dat hul fone oor ’n paar maande baie van hul huidige funksies en vermoëns sal verloor.
Huawei
Nokai
Samsung
Die oudpremier Helen Zille is weer in die sop by die DA weens haar twiets. Waaroor het sy nou getwiet?
Sy het die term “swart bevoorregting” geskep en dit met korrupsie verbind.
Sy het haar steun vir pres. Donald Trump van Amerika uitgespreek.
Sy het die DA-leier Mmusi Maimane aangeval.
Watter Europese land se leier het aangekondig hy/sy gaan hul pos op 7 Junie verlaat?
Brittanje
Duitsland
Frankryk
Watter bevinding van die Openbare Beskermer is vandeesweek deur die hof tersyde gestel?
Oor die omstrede Estina-suiweprojek in Vrede, Vrystaat
Oor geld wat die Reserwebank aan Absa betaal het
Dat Pravin Gordhan aan onbetaamlike gedrag skuldig bevind is
Hoekom het die oud-Springbok Derick Hougaard sy hare laat sny?
Weens sy nuwe werk vir ’n Britse maatskappy wat by haarinplantings betrokke is
Om simbolies aan te dui dat hy ’n nuwe lewe begin
Omdat sy vriende gekla het hy lyk soos ’n teertou met sy skouerlengte hare
Wat kan inwoners van die Amerikaanse deelstaat Washington nou met die lyke van hul geliefdes laat doen (behalwe om dit te begrawe of te laat veras)?
Die lyke kan in kompos omskep word.
Die lyke kan in die see gegooi word.
Die lyke kan met plastiek gevul word en so bly voortbestaan.
Watter Afrika-land het pas sy verbod op olifantjag opgehef?
Botswana
Kenia
Zimbabwe
Hierdie beroemde kat is vandeesweek oorlede. Wat is haar naam?
Grumpy Cat
Angry Kitty
Furious Feline
0
{"name":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?", "url":"https://www.quiz-maker.com/Q4NEG80","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker