Huisgenoot-nuusvasvra: 13-19 April 2019

Hoekom was die sanger Kurt Darren die afgelope week in die nuus?
Hy het ’n reël van Nkosi Sikelel’ verkeerd gesing.
Hy het ’n seun ryker geword.
Hy het ’n Ghoema gewen.
Van die Ghoemas gepraat, waarom is dié prysaand deur heelparty Afrikaanse sangers geboikot?
’n Benoeming is onttrek omdat Steve Hofmeyr daaraan deelgeneem het.
Steve Hofmeyr was die seremoniemeester.
Julius Malema is na die prysaand genooi.
Watter wêreldberoemde katedraal is ernstig in ’n brand beskadig?
Notre Dame, Parys
Sint Basilius-katedraal, Moskou
St Paul’s-katedraal, Londen
Wie het die Hertzogprys vir prosa gewen?
Fanie Naudé met Die Derde Spoel
Lodewyk G. du Plessis met Die Dao van Daan van der Walt
Ingrid Winterbach met Die Troebel Tyd
Watter land se berugte president is deur militêre magte afgesit en in die tronk gestop?
Soedan
Sirië
Noord-Korea
Hoekom was die SA aktrise Tuso Mbedu in die nuus?
Sy is die eerste Suid-Afrikaanse aktrise wat ’n hoofrol in ’n Amerikaanse TV-reeks losslaan.
Sy speel ’n rol in die laaste reeks van Game of Thrones.
Sy gaan uit met die Kanadese rapper Drake.
Johan Booysen, oudhoof van die Valke in KZN, het voor die Zondo-kommissie getuig. Wat het volgens hom gebeur toe hy politiek sensitiewe sake ondersoek het?
Hy is in hegtenis geneem.
Hy is met verlof gestuur.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om die sake te laat vervolg.
Wat is Okavango Blue?
Die grootste blou diamant wat nog in Botswana ontdek is
Die naam van ’n Angolese fliek wat tans baie aandag trek by die Cannes-rolprentfees
Die Noord-Namibiese rugbyspan
Watter gholf-ster het vir die eerste keer in 11 jaar ’n belangrike toernooi gewen?
Tiger Woods
Phil Mickelson
Jordan Spieth
Watter Suid-Afrikaner(s) is op die tydskrif Time se nuwe lys van die 100 invloedrykste mense? (Meer as een antwoord is moontlik.)
Cyril Ramaphosa
Caster Semenya
Trevor Noah
Boer Réan en Rox-Zee van Boer Soek ’n Vrou het skaars op trou gestaan, toe spat hulle weer uitmekaar. Wat was Réan se eerste reaksie nadat hy vir Rox-Zee ontmoet het?
“Sy is mooi, maar sy is Engels.”
“Sy is dalk ’n skoonheidsterapeut, maar ek kom iets oor as sy my wenkbroue pluk!”
“Ek weet nie of ’n Durbanse meisie in die Noord-Kaap sal aard nie.”
Twee onlangse nuusgebeure hieronder is waar en een is fopnuus. Wat is fopnuus?
Die volledige Mueller-verslag het pres. Donald Trump onthef van alle blaam vir dwarsboming van die gereg.
In ’n studie is bevind daar is meer bakterieë in ’n man se baard as in ’n hond se nekhare.
Wetenskaplikes het die breine van dooie varke gedeeltelik laat herleef.
Hoekom het Checkers se Paasbolletjies opspraak gewek?
Dit kan ’n mens jou alkohol-blaastoets laat druip.
Dit kan as kombuissponsies ingespan word.
Dit werk as versagtingpleister vir liddorings.
0
{"name":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?", "url":"https://www.quiz-maker.com/Q0WH3MR","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker